Drive logo

Verken die bergingkenmerke van Drive

Jou goed op jou manier – Drive-kenmerke

 

Jou berging werk met Drive, Gmail en Google Foto's. Jy kan dus lêers berg, e-posaanhegsels stoor en foto's direk rugsteun na Drive toe. Jy kan ook 'n groter wolk-bergingspakket aankoop wanneer jy dit nodig kry.

Logo vir 15 GB gratis Google Drive-berging

Foto's, video's, aanbiedings, PDF's – selfs Microsoft Office-lêers. Maak nie saak watter soort lêer dit is nie, alles kan veilig in Drive gestoor word.

Google Drive-lêertipelys wat prente, dokumente en musiek insluit

Lêers in Drive is privaat, totdat jy besluit om dit te deel. Jy kan maklik ander mense nooi om enige lêer of vouer wat jy kies, te bekyk. So word aanlynsamewerking 'n plesier.

Google Drive-privaatheidopsies en -delingopsies

Jou lêersekuriteit is van kritieke belang. Dit is hoekom elke lêer in Drive veilig gehou word, wat ook al met jou slimfoon, tablet of rekenaar gebeur. Drive word geënkripteer met SSL, dieselfde sekuriteitprotokol wat op Gmail en ander Google-dienste gebruik word.

Google Drive-sekuriteitslot

Gebou om met Google te werk

 
Gmail-fotoaanhegsel word tans na Drive gestoor met een klik

Hou die muispunt oor 'n aanhegsel in Gmail en kyk vir die Drive-logo. Hier kan jy enige aanhegsel na jou Drive toe stoor om dit in 'n enkele, veilige plek te organiseer en te deel.

Gmail-fotoaanhegsel word tans na Drive gestoor met een klik

Drive kan voorwerpe in jou prente en teks in geskandeerde dokumente herken. Jy kan dus 'n woord soos "Eiffeltoring" soek en teksdokumente met daardie woord vind, asook foto's van die werklike Eiffeltoring.

Oregon-kusfoto gestoor op Google Drive en gedeel op Google+

Berg jou foto's in Drive en sien hoe hulle lewe kry met Google Foto's. Kry daardie professioneel-geredigeerde voorkoms sonder die moeite, plus animasies, flieks en meer …

Google Drive-data op Chromebooks

Google Drive is by Chromebooks ingebou, dus word jou lêers en foto's outomaties gerugsteun. Jy sal 100 GB gratis berging vir twee jaar saam met die meeste nuwe Chromebooks ontvang.

 

Werk slimmer met programme

 

Skep en werk saam met ander mense. Deel dokumente en lêers, ontwikkel sigblaaie en stel 'n aanbieding saam op 'n drafstap met ons Dokumente, Blaaie en Skyfies -programme.

Google Drive Dokumente, Blaaie en Skyfies is beskikbaar vir deling

Met Google Vorms kan jy 'n opname maak of gou 'n spanrooster opstel met 'n eenvoudige aanlyn vorm. Bekyk daarna die resultate wat netjies op 'n sigblad georganiseer word.

Google Vorms op Google Drive – voorbeeld

Skep skematiese voorstellings of vloeidiagramme en voeg hulle dan maklik by ander dokumente of bed hulle in 'n webwerf in met Google Sketse.

Google Sketse-ikoon

Wysig jou profielfoto, doen 'n bietjie uitlegwerk, skep 'n geheuekaart en nog baie meer. Met meer as 100 Drive-programme kan jy meer doen met jou goed. Probeer dit deur een daarvan uit die Drive-versameling in die Chrome Webwinkel te installeer.

Meer as 100 Google Drive-programme beskikbaar

Neem Drive nog verder

 
Voorbeeld van hoe om dokumente na Drive te stoor deur 'n foto met 'n Android-foon te neem

Skandeer al jou papierdokumente met Drive vir Android. Neem net 'n foto van dokumente soos kwitansies, briewe en state – en Drive sal dit onmiddellik as 'n PDF berg.

Google Drive-vanlyn of -aanlyn skakelaar

Maak lêers vanlyn beskikbaar sodat jy dit kan bekyk wanneer jou foon of tablet sein verloor, soos in 'n vliegtuig of in 'n gebou met 'n swak verbinding.

Google Drive-lêerhersieningsgeskiedenis – voorbeeld

Jy kan tot 30 dae terug kyk op meeste lêertipes, wat dit maklik maak om te sien wie veranderinge gemaak het en om na vorige weergawes terug te keer. Dit is nou weergawebestuur met 'n glimlag.